Landbousubsidie

'n Landbousubsidie is 'n subsidie van die staat wat aan boere en landboumaatskappye betaal word om hul inkomste aan te vul, die verskaffing van landboukommoditeite te bestuur en die koste en verskaffing van sodanige kommoditeite te beïnvloed. Voorbeelde van sulke kommoditeite is onder meer koring, voergraan (graan wat vir veevoer gebruik word soos mielies, sorghum, gars en hawermout), katoen, melk, rys, grondboontjies, suiker, tabak, oliesade soos sojabone en vleisprodukte soos bees, vark, lam en skaap.[1]

Die lande in die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) ondersteun hul vee- en melkbedrywe met subsidies van miljarde dollars.[2][3]
  1. Karnik, Ajit (1996). "Interest Groups, Subsidies and Public Goods: Farm Lobby in Indian Agriculture". Economic and Political Weekly. 31 (13): 818–820.
  2. Meat Atlas 2014 – Facts and figures about the animals we eat , page 20, download Meat Atlas Geargiveer 29 Julie 2016 op Wayback Machine as pdf
  3. OECD, Agricultural Policy Monitoring and Evaluation 2013, 2013, p. 317, table: "OECD: Producer Single Commodity Transfers (USD)" Geargiveer 12 April 2016 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search